MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Munisipaliteit sê herstelwerk aan openbare strandtoegang en kuspaadjies sal na verwagting voor die spitsseisoen van middel Desember voltooi wees.
Die herstelwerk volg ná die storm op 16 September vanjaar wat infrastruktuur beskadig het in sekere dele.
“Tot dusver is herstelwerk by Diasstrand, Boggomsbaai en Danabaai afgehandel.
"Herstelwerk is aan die gang by ander gelyste strande, insluitend Kusweg (Tergniet), Glentana en Outeniquastrand,” sê die munisipaliteit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’