MOSSELBAAI NUUS - Helpende Hand het Saterdag, 20 Augustus, hul jaarlikse damestee gehou wat deur meer as 300 vroue bygewoon is.
Die vrolike klanke van marimbas deur die Zelia le Roux skool het die gaste verwelkom.
Van die sprekers was Benette Welman wat die belangrikheid van "paying it forward" bespreek het, 'n fondsinsamelingsprojek wat mense help wat verder wil studeer. Volgens Marlise Labuschagne van die Wes-Kaap streek, het Stefanie Minnaar van Caritas Care verduidelik hoe ons onsself kniehalter wanneer ons niè uit ons gemaksone wil kom nie. Ook hoe verrassend en verrykend 'n "Vat Vyf" (High Five) vir jouself kan wees. Plak 'n hand teen jou spieel en vat elke môre vyf met jouself."
Jak de Priester het die gaste vermaak met stories en musiek.
Jak de Priester het die gaste onthaal met sy besondere musiek en storievertelling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'