Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Haarkappers en skoonheidsterapeute mag nou weer werk. Hierdie week se vraag aan ons lesers was: "Voel jy veilig om weer 'n haar- of skoonheidsalon te besoek."
Meghan Meiring, Mosselbaai: "Ek voel veilig om na 'n haarkapper toe te gaan. Al die protokols is in plek. Dis dieselfde soos om Spar toe te gaan. Die risko is daar maar jy moet net jou masker dra en gereeld jou hande was."
Leandré Jordaan, Mosselbaai: "Ja, haarkappers en skoonheids-terapeute het een van die skoonste beroepe. Daar is nog altyd na elke kliënt skoongemaak nog voor Covid-19."
Brendan Bence, Mosselbaai: "Ja, ek weet haarsalonne sal die nodige stappe vir veiligheid neem. Ek as kliënt sal ook die veiligheidstappe moet neem vir my en ook my haarkapper se veiligheid. Om in vrees te leef gaan nie die antwoord wees nie. Pak eerder die bul by die horings met jou handreiniger, masker en handskoene aan."
Kyk 'n video hieronder:
Leandré Jordaan, Mosselbaai
Brendan Bence, Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'