Die Da Gamaskop Sone-bevelvoerder, brig Gerhard Jantjies het kapt Dyani aan die Groot-Brakrivier GPF-voorsitter en van sy bestuurslede voorgestel. Die vorige stasiebevelvoerder kapt TC le Roux is tydens die geleentheid bedank vir haar uitstekende diens aan die gemeenskap van Groot-Brakrivier.
Sy het reeds diens hervat as die Ondersteuningshoof by die SAPD KwaNonqaba.
Kapt Dyani, wat ses tale magtig is, is afkomstig van die Oos-Kaap en het in 1991 by die SAPD aangesluit. In 2006 is hy bevorder tot die rang van kaptein en het diens verrig as Ondersteuningshoof en Visuele Polisieringshoof en het verskeie kere lank waargeneem as Stasiebevelvoerder in Riversdal.
Brigadier Jantjies het kapt Dyani aangemoedig om voort te bou op die goeie fondasie op Groot-Brakrivier en sy taak as Stasiebevelvoerder te geniet.
Die SAPD Groot-Brakrivier hat verlede week 'n nuwe Stasiebevelvoerder verwelkom. Voor (van links): Eric Scott (GPF-bestuurslid), kapt TC le Roux (uittredende Stasiebevelvoerder), brig Gerhard Jantjies (Da Gamaskop Sone-bevelvoerder), kapt Sipho Dyani (nuwe Stasiebevelvoerder Groot-Brakrivier) en Awie Swanepoel (Sektor 1 buurtwag). Agter (van links): Lt-kol Johnny Stripp (Visuele PolisiëringshHoof, Da Gamaskop-sone) en Johann Muller (GPF Voorsitter, Groot-Brakrivier).