MOSSELBAAI NUUS - Inwoners word herinner aan die geleentheid om môre, 28 Februarie, gratis en veilig van hul gevaarlike huishoudelike afval ontslae te raak by die Mosselbaai stadsaal.
Vanaf 08:00 tot om 14:30 kan inwoners gevaarlike huishoudelike afval na die houers by die stadsaal neem sodat dit veilig mee weggedoen kan word.
Tipiese gevaarlike items soos ou, gebruikte motorolie, oliefilters, remvloeistof, ou verf, terpentyn, ou batterye, ou plaagdoders en onkruiddoders, ou tv-stelle en ander elektroniese produkte, ou motorbande, fluoor buisligte en ander gloeilampe en huishoudelike mediese afvalmateriaal soos ou medisyne en tablette, kan veilig en gratis gestort word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'