MOSSELBAAI NUUSFLITS - Tussen 08:00 en 14:30 op 5 Junie kan Mosselbaaiers enige skadelike huishoudelike afval - wat verkieslik nie in die gewone swart sakke weggegooi behoort te word nie - onder meer insekdoders, verf, motorbande, motorolie, batterye, gloeilampies en dies meer tot by die parkeerterrein agter die Mosselbaai stadsaal bring vir gratis, veilige verwydering.
Plofstowwe, ammunisie, radio-aktiewe materiaal en gekontroleerde middels sal nie aanvaar word nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'