MOSSELBAAI NUUS -'n Gewapende roof het gisteraand, 2 Maart by die Spur in Hartenbos, tydens die beurtkrag van vier ure, plaasgevind, alhoewel die Spur voorsiening maak vir kragvoorsiening tydens die fases.
Mossel Bay Advertiser het met een van die slagoffers gepraat wie se foon, beursie en ID-dokumente tydens die rooftog wat tussen 21:00 en 22:00 was, gesteel is.
Volgens die ooggetuie het daar twee tot vier gewapende rowers die Spur binne gegaan en almal beveel om op die grond te lê en gedreig om hulle te skiet as hulle nie saamwerk nie.
Die bestuurder van die Spur is beveel om die geldlaai en die kluis oop te maak en is in die proses geslaan en geskop. Van die besoekers aan die Spur se beursies en besittings is ook geroof.
Die Advertiser wag vir meer inligting van die KwaNonqaba-polisie. Die Advertiser sal lesers op die hoogte hou sodra meer inligting beskikbaar is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'