MOSSELBAAI NUUS - Die polisie ondersoek die verkragting van 'n 26-jarige verstandelik gestremde man.
Volgens 'n polisiewoordvoorder, het die voorval op Saterdag 20 Desember om ongeveer 15:00 plaasgevind.
Die slagoffer is na bewering van 'n groep mense weggelei in KwaNonqaba en in die bosse naby die kruising van KwaNonqaba en Danabaai verkrag.
Nog geen verdagte is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'