Gallery
MOSSEL BAY NEWS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 12 Julie by die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike protrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
FOTOGALERY: Wenfoto's vir Julie
Julie se voorgeskrewe onderwerp was Roads and freeways.
Wenners
Die algehele wenfoto’s asook meriete-toekennings vir Julie is:
- Groep A wenner: Pierre Jordaan se Tracks to Aurora borealis (voorgeskrewe onderwerp).
- Groep B wenner: Rita Smith se Smokers (visuele kuns).
Sterstatus bevorderings in EPS klub:
Baie geluk en welgedaan aan Job Ubbink wat na 2-ster status bevorder word.
Besoekers is welkom om die klub se foto-beoordeling by te woon.
Dit vind elke tweede Dinsdag van elke maand om 19:00 plaas. Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'