Video
MOSSELBAAI NUUS & VIDEO - Die Eden Labour Forum het vandag met verteenwoordigers van die plaaslike gemeenskap vergader.
Dit nadat kommer uitgespreek is oor die skynbaar weinige plaaslike arbeid wat kontrakteurs wat by die komende PetroSA 'shutdown' betrokke gaan wees, in diens gaan neem.
Na wat verneem word, is van die groter kontrakteurs van voornemens om arbeid van sover as Durban te werf om take tydens die 'shutdown' te verrig.
Volgens Terry Olkers, sekretaris van die Mosselbaai-tak van die Eden Labour Forum, heers daar groot ongelukkigheid onder plaaslike gemeenskappe wat meen dat die nodige kundigheid en gekwalifiseerde arbeid wel plaaslik beskikbaar is.
PetroSA-groepskommunikasiebestuurder, Thabo Mabaso het op navraag gesê streng voorwaardes geld vir kontrakteurs om vir sover moontlik plaaslike arbeid te gebruik.
"Die 'shutdown', wat in September begin, sal egter nie so omvangryk wees soos in voorgaande jare nie. PetroSA het oor jare heen bewys gelewer dat plaaslike inwoners altyd voorkeur kry by indiensneming."
Bestuurslede van die Eden Labour Forum het gesê die moontlikheid is nie uitgesluit dat stakings sal voorkom as arbeid van buite die distrik tydens die shutdown gebruik sou word nie.
Sien video onder.
ARTIKEL & FOTO & VIDEO: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVETISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'