Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Onder leiding van die voorsitter van die Mosselbaai-Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Leon van Dyk en in samewerking met verskeie rolspelers word die lewe vir misdadigers in en om Mosselbaai toenemend moeiliker gemaak.
Vandeesweek het die GPF 'n mobiele kiosk, wat van die Mosselbaai-munisipaliteit bekom is, by die gewilde Punt-area in diens gestel.
Voortaan sal die patrollielede van die spesiale aanslagarea (CID) wat die middedorp veilig hou, die kiosk as versamelpunt kan gebruik van waar hulle kan werk. Die kiosk beskik oor elektrisiteit waar die patrollielede hul sellulêre fone sal kan herlaai. Hulle sal ook hiervandaan pamflette met wenke aan toeriste kan uitdeel.
Daarbenewens is begin met die oprigting van verskeie buitelugreklameborde met al die relevante noodnommers wat enige persoon wat in nood verkeer, kan skakel.
Dié borde is 'n verdere inisiatief van die Mosselbaai-GPF om veiligheid te verseker. Van Dyk sê die GPF het die nodige fondse vir die borde voorsien en het die munisipaliteit bedank vir die hulp om dit gepas geplaas te kry.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'