Breaking News
MOSSELBAAI NUUS- Die borgaansoek van ‘n 30-jarige Zimbabwiese burger, Shadreck Mhetu wat aangekla word van die moord op ‘n inwoner van Hartenbos, Desmond Share, sal na verwagting vandag in die Mosselbaai-landdroshof voortgaan.
Die saak was op die rol geplaas vir gister, maar omdat daar nie ‘n tolk by die hof beskikbaar was nie, is die saak uitgestel na vandag.
Share, 'n plaaslike sakeman, se liggaam is op Saterdag, 5 Augustus, tussen bosse naby Albertinia gekry, nadat hy vir dae lank vermis was.
Sy bakkie is gesteel en is etlike dae na sy moord in Ficksburg naby die grens van Lesotho gevind.
Share het veelvuldige beserings opgedoen. Geld is ook uit sy bankrekening ontrek.
Mhetu is kort na die voorval in hegtenis geneem in Du Noon in Kaapstad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’