MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit bied ‘n geleentheid aan inwoners van Mosselbaai en Groot-Brakrivier en omliggende woongebiede om kosteloos weg te doen met gevaarlike afval.
Die opedag in Mosselbaai is op 3 Junie by die Mosselbaai-stadsaal en op 4 Junie by die munisipale kantore op Groot-Brakrivier.
Afval word ontvang vanaf 08:00-14:30. Items moet in ‘n sterk kartondoos verpak wees en gemerk wees. Gevaarlike items moenie gemeng word nie. As gevolg van permitvereistes en die hoeveelheid persone wat aan die program deelneem, moet die houer waarin gevaarlike afval ingegee word, agtergelaat word.
Items wat aanvaar word, sluit in:
- Motorolie, oliefilters, remvloeistof
- Gebruike vriesteenmiddel
- Verf, verfverdunner, terpentyn
- Plaagdoders of onkruiddoders
- Huishoudelike batterye
- Ou TV-stelle, verskeidenheid elektroniese toestelle
- Motorbande
- Fluoorbuise en gloeilampe
- Huishoudelike mediese afval (naalde en ou medisyne en tablette)
Items wat nie aanvaar word nie:
- Plofstowwe
- Ammunisie
- Radioaktiewe materiale
- Wetlikbeheerde medisyne
Navrae kan gerig word aan Sivuyile Mtila (044 606 5143).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'