TUINROETE NUUS - Die minister van plaaslike regering en omgewingsake Anton Bredell sal vandag vergader oor die moontlike verklaring van die George en Knysna munisipale areas tot rampgebiede.
Brande woed in die gebied sedert ‘n brand in Herold verlede Woensdag uitgebreek en vinnig versprei het.
Agt mense is eergister op ‘n bosstasie naby Karatara tussen George en Knysna dood in ‘n brand en talle huise en infrastruktuur in die gebied is vernietig. Meer as 40 000 hektaar het reeds in die slag gebly.
‘n Verklaring oor die stand van sake in die gebied deur die Garden Route-distriksmunisipaliteit word binnekort verwag.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'