MOSSELBAAI NUUS - Gety-aksie het die afgelope naweek stukke bourommel soos baksteen en bouklip op die gewilde Hartenbosstrand uitgespoel.
Die Hartenbos ATKV-bestuurder, Mornay Beukes, sê die bourommel is waarskynlik toe te skryf aan 'n besonder hewige springgety in 2015 wat stukke van die gewilde wandelpad beskadig en weggespoel het.
Tegelykertyd is trappies by huise in Bayview ook deur die gety beskadig.
Die gewilde Blouvlagstrand word volgens Beukes nie deur die bourommel geraak nie. Hy sê ook gety-aksie sal mettertyd weer die bourommel onder die sand begrawe.
Dit is 'n baie algemene verskynsel dat seetoestande sand van strande skep en /of weer deponeer, soos trouens ook gereeld by die Danabaai-strande opgemerk kan word.
Dit kom voor asof die bakstene wat uitgespoel het geruime tyd reeds aan die branderaksie blootgestel was.
Strandgangers het gekla oor strandtoestande nadat brokke bourommel, bouklip en bakstene op die Hartenbosstrand uitgespoel het.
**Van die klip, bouwerk en bakstene is deur lewensredders van die Hartenbosstrand verwyder.
Gety-aksie het veroorsaak dat stukke baksteen en bouklip die afgelope naweek op Hartenbosstrand uitgespoel het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'