MOSSELBAAI NUUS - ‘n Hoofpastoor van ‘n kerk in Mosselbaai is vandag, op 10 November borgtog van R5 000 in die Mosselbaai-landdroshof toegestaan.
Die 60-jarige verdagte was in aanhouding sedert sy inhegtenisname op Woensdag, 12 Oktober en staar aanklagte van verkragting in die gesig.
Die aanklagte spruit uit beweerde voorvalle in 2021 waartydens ‘n 20-jarige vrou op verskeie geleenthede, onder meer by die kerk in Mosselbaai, na bewering deur die pastoor verkrag is.
Die naam van die verdagte mag nie bekend gemaak word tot hy gepleit het nie.
Die saak is uitgestel na 1 Desember.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'