HARTENBOS NUUS - Kleuters van Besige Handjies Kleuterskool op Hartenbos het verlede week 'n besoek aan die inwoners van Hartenbos Versorgingsoord gebring.
Hulle het die inwoners met hulle pragtige sang vermaak.
Die kleuters het ook 'n draai by 'n plaaslike tandarts gaan maak sodat hy aan hulle kon verduidelik hoe belangrik dit is om jou tande gereeld te versorg. Die kleuters het dit baie interessant gevind.
Die kleuters van Besige Handjies Kleuterskool tydens hulle besoek aan Hartenbos Versorgingsoord.
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'