"Wees dinamies betrokke by u gemeenskap sodat ons doelwitte na gelang van die gemeenskap se behoeftes kan definieer en binne die riglyne kan bereik."
Vrywilligers sal oor 'n breë spektrum, en volgens hul belangstellings aanwend word. Die ACVV is op soek na vrywilligers wat hulle kan help met die bestuurder van projekte soos:
- Fondsinsamelings;
- Opvoedkundige uitstappies vir kinders, en om funksies vir hulle te reël;
- Sopkombuise;
- Aanbied van vaardighede (byvoorbeeld skilder, teken, kralewerk, mosaïek, ensovoorts) vir mense binne die ACVV-groep; Aanbied van programme ten opsigte van voorkoming van kindermolestering;
- Vakansieprogramme en kampe vir jeugdiges;
- Programme ten opsigte van bejaardes.
Vir verdere inligting, kontak Esthe du Plessis by 044 691 1039.