MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die KwaNonqaba-polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag nadat 'n 27-jarige man vanoggend in 'n motorongeluk op die N2 oorlede is.
Die woordvoerder van die KwaNonqaba-polisie, sers Kapp, wat vroegoggend op die toneel was, sê dit wil voorkom asof die slagoffer op pad werk toe was aangesien sy vol kosblikkie op die toneel opgespoor is.
Die bestuurder van die voertuig wat in die ongeluk betrokke was, 'n 28-jarige man van Riversdal, het na bewering in die rigting van Albertinia gery to die slagoffer skynbaar omstreeks 06:30 in die donker voor die voertuig oor die pad gehardloop het.
Die voertuig het die slagoffer regs voor getref, waarna hy op die toneel oorlede is.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'