TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
usambaraviooltjie
usambaraviooltjie (u-sam-ba-ra-vi-ool-tjie) s.nw., usambaraviooltjies. Kleinerige, tropiese plant van O.Afrika, Saintpaulia ionantha (fam. Gesneriaceae), met donkergroen hartvormige, fluweelagtige blare en opvallende trossies pers, pienk of wit blomme, gewild as ornamentele huisplant, en wat endemies i.d.
Usambaraberge in Tanzanië voorkom: Die Usambaraviooltjie (groei) beter as sy groeigrond aan die droë kant bly (Suidw., 11 Apr. 1974, 2). Dit wil voorkom of … usambaraviooltjies die geaardheid het dat hulle vir sommige mense blom en vir ander nie (W. Rousseau, vert.: Met ’n Hand, 1962, 54).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’