ELECTION NEWS - The Mossel Bay Advertiser invited the political parties present in the municipal council to provide their party manifestos prior to the 2019 election.
Their statements are in alphabetical order.
The views expressed are that of the political party.
ACDP - Policies based on biblical values:
The African Christian Democratic Party (ACDP) gives expression to the views of Christian and conservative voters in parliament.
Its policies, which are based on biblical values, were voted the best in SA in a 2014 survey.
Represented in local, provincial and national government, the ACDP has been faithful to protect and uphold moral values and principles in parliament, often being the only voice speaking on behalf of the unborn.
The ACDP protects family values, women from exploitative practices such as pornography and prostitution and securing parents' rights to raise their children without interference from the state.
Critical issues are:
1. Rampant crime and corruption - Justice must be swift and punishment severe in order to deter criminals.
Corrupt politicians and government officials will not enjoy special protection.
Specialised courts and well trained and resourced investigation units will ensure convictions and bail will be denied for serious crimes such as murder, rape, armed robbery, car hijackings and human trafficking. Prison labour programmes will develop skills and provide opportunities for prisoners to contribute towards their own costs.
2. Property rights - must be protected, particularly to protect farmers and the food supply. If expropriation is necessary to realise land reform, fair and just compensation must be paid for any property
3. The ACDP supports an open market economy and will promote and develop industries where we have a competitive advantage such as tourism, mining and related industries.
4. To address high unemployment young people must have the skills that meet business needs, are relevant to global trends and technological advances and the apprenticeship model must be reinstated.
Businesses will be encouraged via tax incentives to employ and train young people. Jobs must go to the person with the best experience and qualifications.
5. Everyone should have access to quality basic education, where parents are central to the education of their children. Training colleges for educators must be reopened.
Teachers' salaries must be competitive and fair and a teacher should have no more than 25 children in a class.
6. We will maintain the private health care sector and regulate anti-competition practices. Management and accountability in government hospitals and clinics must be improved.
More than 79% of South Africans identify themselves as Christian and this election voters can change the government overnight.
To do so conservatives will have to stop splitting their vote among liberal parties and consolidate their voice.
Vote ACDP to Unite, Build and Grow SA.
Policies based on biblical values.
ANC - Saam sal ons SA laat groei:
Die ANC berei hul na elke vyf jaar voor om met 'n plan na alle Suid-Afrikaners te kom. Hierdie plan is die produk van 'n breë konsultasieproses met alle sektore in die samelewing.
Die verkiesing is 'n oomblik van vernuwing – 'n historiese geleentheid om ons demokratiese instellings te herstel en ons land terug te lei op die pad na ekonomiese groei en ontwikkeling.
Die ANC manifesto fokus op agt areas:
Meer werksgeleenthede, meer ordentlike werk
Deur met georganiseerde arbeid, die sakesektor en gemeenskappe saam te werk, sal ons baie meer werksgeleenthede skep en sodoende verseker dat werkers 'n ordentlike leefstyl kan bekostig. Ons voorsien die mobilisering van R1.2 miljard in nuwe beleggings en investering.
Ekonomie vir almal
Ons sal 'n ekonomie bou waarin al ons mense 'n betekenisvolle aandeel het en waaruit hulle voordeel kan trek.
Kwaliteit gesondheidsorg vir almal
Ons gaan onmiddellike stappe neem om hospitale en klinieke te verbeter, en om teen 2025 universele gesondsheidsorg te bereik.
Sekuriteit en gemak vir almal
Ons sal die lewens van miljoene Suid-Afrikaners verbeter deur te werk aan maatskaplike sekuriteit, die bou van huise naby werksgeleenthede, die verskaffing van bekostigbare, basiese dienste en betroubare openbare vervoer.
Veilige gemeenskappe, veilige lewens
Ons sal polisiëring versterk om sodoende alle vorme van misdsaad, dwelms, bendes en geweld - veral teen vroue en kinders - uit ons gemeenskappe te wis.
'n Vaardigheidsrevolusie
Deur die deure van opleiding vir almal loop te maak, en op kwaliteit en innovering te fokus, sal ons jong Suid-Afrikaners voorberei vir die uitdagings van die groter wêreld van die toekoms.
'n Bekwame, eerlike regering
Ons sal 'n einde maak aan staatskapings, die integriteit van die openbare instellings herstel, en korrupsie die stryd aansê. Terselfdertyd sal ons verseker dat die regering die kapasiteit, hulpbronne en mense het om burgers effektief te dien.
'n Nasie verenig in verskeidenheid
Ons sal daaraan werk om alle Suid-Afrikaners te verenig, om die verdeeldhede van die verlede te oorkom, en om 'n land te bou wat aan almal behoort en waar almal tuis voel. Die vryheid wat ons vandag geniet, is deur stryd, vasberadenheid en reuse-opofferings bereik. Ondanks uitdagings en terugslae het ons, ons vryheid verkry deur saam te werk en nooit op te gee nie.
Saam sal ons SA laat groei.
DA - Every vote counts:
The Election on 8 May will be a close race and every vote will count.
This is why we urge voters to unite behind the DA to keep corruption out of the Western Cape and to keep the ANC and EFF out of the Western Cape.
The ANC has a track record of corruption and maladministration and has presided over some of the worst atrocities of our democratic era. The worst of all, however, has been the ANC's project of state capture.
The DA is the only party that is capable of standing up to the ANC and we are the only party with a plan that is capable of governing well. The DA-run Mossel Bay was recently named the best-run municipality in the country. This is a clear indication of how seriously the DA takes the responsibility of good governance. The Good Governance Africa's Government Performance Index looked at administration, service delivery and economic development as the key performance areas in the assessment of municipalities before the annoucement of Mossel Bay as the best.
In the broader Western Cape, the DA provincial government has been working hard over the last 10 years, to set a different course for the people of this province than what has been seen elsewhere in South Africa.
Since taking office in 2009, more than half a million more people have jobs. The Western Cape has attracted R100 billion in foreign direct investment, at the same time, generating R1 billion in savings for businesses by reducing "red tape".
Our provincial government has delivered housing opportunities to more than 700 000 people, built two new district hospitals, 14 new primary healthcare facilities and 11 new ambulance stations.
The Western Cape achieved the country's highest life expectancy, while life expectancy in the rest of the country has declined.
The DA-run Western Cape has spent R171 billion on empowering young people and has achieved the best scores in the country in benchmark literacy and numeracy tests. The matric pass rate improved to 81.5%, and we have the lowest school dropout rate of all provinces and 40% of our schools are no-fee schools, with R53 million this year spent on assisting disadvantaged learners to attend fee-paying schools. More than 80% of schools have access to free internet
Clean government, job creation and service delivery are at risk in our province. The DA has a plan and a track record. On 8 May, keep corruption out of the Western Cape and keep the Western Cape DA.
Every vote counts.FF - Bou aan 'n beter toekoms:
Die Vryheidsfront Plus bied 'n geleentheid om saam te bou aan 'n beter toekoms. Die party fokus veral op vyf fokusareas in hul manifes:
Slaan terug teen onteiening sonder vergoeding
Staak die huidige proses om die grondwet te wysig om onteiening van eiendom sonder vergoeding moontlik te maak. Beskerm almal se reg tot die privaatbesit van eiendom. Beskerm in die besonder die reg van landbouers. Veg teen die mite dat wittes al die grond wat hul besit, gesteel het. Beveg die propaganda dat die besit van grond al die armoede en werkloosheidsprobleme gaan aanspreek.
Slaan terug teen diskriminasie
Gelyke regte en geleenthede vir almal moet geld. Skaf regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging af. Bemagtiging moet geskied op grond van sosio-ekonomiese omstandighede en nie op grond van velkleur nie. Vervang die huidige beleidsrigting van herverdeling met die fokus op ekonomiese groei en ontwikkeling. Versterk nasiebou deur die erkenning van groep-, taal- en kultuurregte. Daar moet gelyke regte vir minderhede geld. Konsekwente optrede ten opsigte van haatspraak deur en teenoor alle rasse, gemeenskappe, en dies meer. Die verwesentliking van gemeenskappe se grondwetlike en internasionaal erkende reg tot selfbeskikking.
Slaan terug teen misdaad
'n Regering wat ernstig is oor die veiligheid van sy burgers. Slaan terug deur die integriteit en funksionaliteit van die polisie te herstel. Spreek die effektiwiteit van die nasionale vervolgingsgesag aan. Prioritiseer landelike beveiliging.
Slaan terug teen korrupsie, wanbesteding en buitensporige belastings en tariewe
Ontbloot en beveg alle vorme van korrupsie en wanbesteding. Vervolg amptenare en politici betrokke by korrupsie en oortredings. Beperk staatsbesteding. Privatiseer staatsentiteite. Verhoog inkomste deur groei te stimuleer. Beperk belasting en tariefverhogings om sodoende ekonomiese groei te stimuleer. Bring 'n fiskale kommissie tot stand.
Slaan terug teen swak dienslewering
Skep 'n plaaslike regeringstelsel wat kleiner en meer plaaslik funksioneer. Stel staatsamptenare aan op grond van meriete en spreek die huidige kundigheidstekort in die staatsdiens aan. Prioritiseer infrastruktuurontwikkeling en -instandhouding.
Bou saam met die Vryheidsfront Plus aan 'n beter toekoms.
Bou aan 'n beter toekoms.
ICOSA - Vierde grootste Wes-Kaapse party:
"Opstaan en saamstaan," dit is wat Icosa se streeksvoorsitter, Dawid Kamfer van kiesers vra in die nasionale en provinsiale verkiesing wat op Woensdag, 8 Mei plaasvind.
"Gee Icosa 'n kans, stem vir die party wat werklik bewys het dat ons omgee vir die welstand van ons mense," sê Kamfer.
"Icosa, wat vir die tweede keer aan 'n provinsiale en nasionale verkiesing deelneem gaan werklik die stem van die mense word, gee Icosa net 'n kans."
Icosa is geregistreer om in die Wes-Kaap, Gauteng en nasionaal aan die verkiesing deel te neem, wil vir elke kieser vra om behoorlik te dink voordat hulle hul kruisies maak. Elke kieser gaan twee stembriefies kry om hulle stem uit te bring, een vir die provinsiale regering, die ander vir die nasionale regering.
In die Wes-Kaap is Icosa tans die vierde grootste politieke party wat al by herhaling bewys het dat hulle die kiesers se belange voorop stel.
"Icosa se rekord spreek vanself, hoewel Icosa nie onafhanklik in beheer van 'n munisipaliteit of streek is nie, was die party die afgelope vyf jaar deurentyd deeglik betrokke in die gemeenskap. Dieselfde kan beswaarlik van ander partye gesê word.
Die grootste dryfkrag vir die party, soos in die manifes uiteengesit vir die kiesers, is die behuisingskwessie. Trouens, die gemeenskap self het die manifes bepaal toe die party se leierskap van deur tot deur geloop het. Die behuisingskwessie is een van die gemeenskap se grootste probleme.
"Ander knelpunte waarvoor Icosa ons beywer, is onder meer werkskepping, veral vir die jongmense, asook die toestaan van tenders wat skynbaar nie vir ons mense beskore is nie," sê Kamfer. Die party het ook bewese suksesse behaal in die stryd teen plaasuitsettings en met die aanspreek van kragprobleme namens ons ondersteuners. Kieses sal ook saamstem dat die stryd om Souwesia vir ons mense te behou, 'n pluspunt vir Icosa is.
"Dié land behoort aan ons, daarom is die enigste manier om dit terug te vat deur u kruisie op 8 Mei vir Icosa te gaan maak. Kom, ons vat ons land terug met die steun van ons mense."
Icosa wil dit baie duidelik stel - jou stem is jou rykdom.
"Wat gaan julle verloor om vir Icosa te stem?" vra Kamfer.
Vierde grootste Wes-Kaapse party.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'