Sponsored Content
SAKENUUS - Baie dankie aan almal wat vir Wellness World as die beste gimnasium in Mosselbaai gestem het - en baie dankie aan al ons wonderlike kliënte wat ons deur die jare so lojaal ondersteun het. Dit is werklik 'n voorreg om hierdie toekenning vir die derde agtereenvolgende jaar te wen.
Stiaan en sy uitstekende span bied reeds vir 19 jaar 'n professionele diens in die gesondheids- en fiksheidsindustrie aan die gemeenskap van Mosselbaai.
Ons is geweldig opgewonde om weer wateraerobiese klasse aan te bied as deel van ons allesomvattende fasiliteit. Alle lede, spesifiek vroue en senior burgers, kan deur wateraerobiese oefening die voordele van oefening ervaar.
Om deel te wees van elksuksesverhaals-verhaal en te hoor spesifiek hoe oefening hulle lewens verander het, is inspirerend vir die Wellness World-personeel.
Ons leuse onderskryf dit:
Gesondheid deur oefening
Kom besoek ons gerus by Hartenbos Seefront en belê in jou gesondheid deur die voordele van 'n gestruktureerde oefenprogram te ervaar.


‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’