Advertorial
GEORGE NUUS - WeatherPrufe Paints se George-tak het in April vanjaar hulle eerste verjaarsdag gevier.
Die verjaarsdagviering volg nadat Mark Groenewald, vorige eienaar van McDonald's in George, en Dawid Wandrag van WeatherPrufe Paints in Mosselbaai, die behoefte en geleentheid gesien om saam 'n nuwe spesialiteitsverf- en waterdigtingswinkel in George oop te maak.
Dit is geleë in Winkel 21 in die Precap Centre in Courtenaystraat (Mini Pick n Pay) in George.
WeatherPrufe Paints en Elastocryl-waterdigting word reeds vir die afgelope 14 jaar met groot sukses in die Tuinroete op plekke soos Fancourt, Kingswood, Oubaai, Pinnacle Point, Pezula en verskeie ander ontwikkelings soos Heuwelsrust en Karookraal aangewend. Letterlik duisende projekte is met groot sukses met hierdie uitstaande produkte voltooi.
Met 'n terugblik op die afgelope jaar sê Dawid dit was 'n reusesukses. "Ons het verskeie kontrakteurs in die Tuinroete begin help en een van ons groot projekte is beslis Eden Meander. Ons het Eden Meander se waterdigting en verfwerk behartig insluitend Builders Warehouse en Burger King en is baie trots daarop."
Op die vraag oor wat WeatherPrufe Paints juis uniek maak, antwoord Dawid: "Ons lewer die heel beste verf en waterdigtingsisteme op die mark."
WeatherPrufe Paints is 'n trots Suid-Afrikaanse verfmaatskappy wat spesialiseer in die vervaardiging van die heel beste verf en Elastocryl-waterdigtingsisteme met besparings van 30% tot 40% teenoor van die groot maatskappye.
Verskeie van die beste bou- en verfkontrak-teurs in die area gebruik jare lank reeds met groot sukses WeatherPrufe-produkte. Elastocryl word met groot sukses in die plek van torch on-waterdigting gebruik en kan selfs in visdamme aangewend word.
WeatherPrufe-verwe word spesifiek vir kustoestande vervaardig en verskaf die heel beste beskerming teen die elemente en vog.
Kontak eienaars Mark Groenewald by 083 278 7898 of Dawid Wandrag by 082 977 7802, of stuur 'n e-pos na weatherprufegeorge@gmail.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’