Advertorial Gallery
BESIGHEIDS NUUS - Monika en Thania het op Maandag 7 Mei saam met vriende, familie en getroue lede van Wings Fitness Studio op ‘n vrolike en luisteryke wyse, hul tweede bestaansjaar gevier.
‘n Verskeidenheid eetgoed en pragtig versierde koek is perfek afgerond met borrelende vonkelwyn. Kenmerkend aan die studio, het almal gesellig saamgekuier.
Alhoewel daar baie struikelblokke oorkom moes word en talle lesse geleer is gedurende die afgelope twee jaar, het Wings Fitness Studio gegroei en uitgebrei.
Van die begin af wou Monica en Thania ‘n unieke studio skep waar mense die heel belangrikste is en hierdie doel is beslis bereik. Hulle het nog baie drome en werk ywerig daaraan om die studio se toekoms te verseker.
Die fokus van Wings Fitness is die individu wat ‘n keuse maak om ‘n gesonde leefstyl te beoefen deur in ‘n veilige en moderne omgewing, met professionele hulp en gevorderde toerusting hul liggame fiks en gesond te hou.
Van die begin af wou Monica en Thania ‘n unieke studio skep waar mense die heel belangrikste is en hierdie doel is beslis bereik.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'