Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Mosselbaai Volkswagen het vir die eerste keer by vanjaar se nasionale Volkswagen Grand Prix Toekennings vir 2022 met sy nuwe motorverkope die Goue Sirkel Uitvoerende Bestuurstoekenning verower.
Dié spoggeleentheid het op 18 Mei in Sandton, Gauteng plaasgevind.
Downey Boonzaaier, 'n internasionaal gekwalifiseerde verkoopskonsultant, het dié gesogte toekenning gewen.
Boonzaaier het die meeste nuwe voertuie in kategorie-C van die hele Volkswagen-groep in Suid-Afrika vir 2022 verkoop.
Die wenner van die toekenning moet 'n sekere aantal nuwe voertuie verkoop en Boonzaaier het behoorlik stof in die oë van sy kollegas geskop met 'n totaal van 90 eenhede, wat hy van die hand gesit het.
"Ek luister na my kliënte en dit gaan nie vir my net daaroor om 'n voertuig te verkoop nie, maar wat die beste vir my kliënte is," sê Boonzaaier.
Hy is ook vol lof vir sy kollegas by Mosselbaai Volkswagen en sê hy sou dit nie sonder sy span kon doen nie.
Boonzaaier is reeds twee en 'n half jaar in die bedryf en het kliënte van regoor die land.
Handelaarbestuurder, Francois Knoetze, sê hulle gaan van krag-tot-krag en dra hulle kliënte se belange op die hart.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’