Advertorial
BUSINESS NEWS - Eliza van Wyk is al ‘n bekende restaurateur en spysenier in Mosselbaai waar sy en manlief Leon hulle al sedert 1989 in die kosbedryf bevind.
Onlangs het Elize, wat tans die Oceans Bistro bedryf, weer begin droom oor ‘n nuwe uitdaging asook om die toenemende gewildheid van die Bistro se oormaat kliënte te kan hanteer.
Sy het by die Bayview-sentrum (Spar-sentrum) die perfekte plekkie gevind om haar droom ‘n realiteit te maak.
The Beach House Restaurant het sy deure op Saterdag 11 November geopen en die sagte, rustige atmosfeer wat mens ervaar sommer so met die intrapslag, gaan nog van die restaurant ‘n baie gewilde eetplek maak.
The Beach House bied daagliks ‘n buffet/a la carte ontbyt, middag- en aandete aan en sal elke dag (behalwe Sondae) oop wees vanaf 07:00 tot 21:30.
Voorbereiding van die disse sal deurlopend plaasvind om sodoende te verseker dat dit altyd vars en verfrissend op die palet sal wees.
Die restaurant sal ook beskikbaar wees vir privaat funksies waar die spyskaart vooraf bepaal kan word deur kliënte.
Eliza van Wyk en Anita Burger
Anita Burger is Elize se regterhand en vennoot (ook by Oceans Bistro), en die personeel het die afgelope tyd streng opleiding ontvang om aan die hoë standaarde van dienslewering te voldoen.
Vir ‘n besonderse kulinêre ervaring teen bekostigabre pryse, kontak The Beach House by 076 151 5729 vir besprekings.
Voorbereiding van die disse sal deurlopend plaasvind om sodoende te verseker dat dit altyd vars en verfrissend op die palet sal wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'