Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - Vidamed-daghospitaal en sub-akuut het op Vrydag, 7 Maart, hul tien jaar diens aan die Mosselbaai-gemeenskap gevier, en sien uit na die volgende dekade van uitstekende gesondheidsorg.
Hospitaalbestuurder Arie Kade sê die afgelope paar jare was nie sonder uitdagings nie, maar die hospitaal se toekoms lyk blink.
Volgens hom gaan erkenning vir Vidamed se sukses aan die hardwerkende mediese personeel, wat die ekstra myl sal stap vir hul pasiënte.
Die Vidamed-span skep 'n persoonlike ervaring vir elke pasiënt wat deur die hospitaal se deure kom.
"Dankie vir elkeen van julle se ondersteuning en bydrae om Vidamed die mooi plek te maak waaroor almal praat," sê Kade aan die hospitaal se personeel.
Dit het alles begin as 'n droom in 2012 sê hy. "En die visie wat ons elkeen gehad het van waarheen ons wil gaan en dit wat ons geleef het, het aanleiding gegee tot waar ons vandag is."
Die daghospitaal bied tans algemene chirurgie, tandheelkunde, oor-, neus- en keelchirurgie, kaak-, gesig- en mondchirurgie, oftalmologie (oogchirurgie), ortopedie, ginekologie, urologie asook plastiese prosedures aan.
Soos tegnologie vorder, berei die daghospitaal hulle voor en fokus op meer dagprosedures terwyl die sub-akuut voorbou op die hoë standaard van rehabilitasie en mediese versorging van pasiente.
Kade is egter seker dat die menslikhiedsfaktor en passie tesame met tegnologiese voortuitgang 'n vereiste is vir goeie gesondheidsorg, maar vir Vidamed kom die pasiënt se algehele sorg altyd eerste.
"Ons is nou nie meer 'n tiener nie en daar gaan nog uitdagings wees, maar ek hoop ons kan aanhou skryf aan die mooi Vidamed-storie vir die toekoms" sê Kade.
Die administrasiespan van Vidamed.
Vidamed se sub-akuutspan.
Vidamed se dagsaalspan.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’