Advertorial
GROOT-BRAK SAKE NUUS - Total Groot Brak, De Dekke is etlike dekades reeds 'n onmisbare deel van die Groot-Brakrivier-gemeenskap. Hierdie vulstasie het sy oorsprong in die middel van die dorp gehad, waar die parkeerterrein van die Watson-skoenfabriek tans is.
Sedert Maart 2003 word dié besigheid besit deur 'n maatskapy waarvan Nico Dippenaar 'n mede-direkteur is. In 2007 is Steers tot die besigheid toegevoeg.
Nico het 'n PhD-graad en was vantevore 'n dosent in opvoedkunde in Potchefstroom.
Sy vrou en regterhand, Ronel is 'n gekwalifiseerde wiskunde-onderwyser. "Wat ek die heel meeste van ons onderneming geniet, is die mense-aspek. Ek geniet die kliënte, asook die span saam met wie ons werk," sê Nico.
Steers Groot Brak, wat vanuit Total Groot Brak se geriefswinkel bedryf word het onder die Dippenaars se bestuur al verskeie toekennings vir uitmuntende diens ontvang. Total Groot Brak het 2018 op 'n hoë noot afgesluit deur weereens die gesogte Elite Club-toekenning te ontvang. Die kriteria is goeie diens asook verkope.
Total Groot Brak gee egter ook graag terug aan die gemeenskap deur hulle betrokkenheid by sport. Hulle borg sedert 2008 die gewilde Moordkuil-wedloop wat in Desember aangebied word, asook die bekende Colts and Fillies-toernooi van die rolbalklub op Groot-Brakrivier.
Die padwerke op die R102 in die omgewing van Total en Steers Groot Brak het besigheid ingrypend beïnvloed, vanweë die ongerief wat deur die stop-en-ry-punte veroorsaak is. Vanaf einde 2018, is daar egter 'n verbyglipbaan vir gerieflike toegang na die vulstasie geskep. Die besigheid het 'n vriendelike, bekwame en goedopgeleide personeelkorps van 44 mense. Total Groot Brak het 'n baie lae personeelomset wat stabiliteit skep. Dit dui ook daarop dat die personeel gelukkig in hulle werksplek is.
"Ons moet egter met leedwese bekend maak dat een van ons langsdienende personeellede, Donovan Groenewald op Dinsdag, 9 April oorlede is."
'Ons bring jou die nuuste Mosselbaai, Tuinroete nuus'