Sponsored Content
SAKENUUS - Die lesers van Mosselbaai het weer hulle stemme laat tel, en Tollies Slaghuis is trots om aangewys as te word as Beste Slaghuis én Beste Biltong in die Best of Mossel Bay Readers’ Choice-toekennings van 2025. Wat ’n ongelooflike eer - en dit alles danksy ons lojale kliënte en toegewyde span.
Reeds meer as 20 jaar staan Tollies bekend vir gehalte vleis, uitstekende diens en natuurlik hul geliefde biltong.
Gerrit en Marie Cilliers en hul span glo dat elke klant verdien om die beste te kry - van suiwer vleisprodukte tot vriendelike, betroubare diens.
Hierdie dubbele oorwinning is vir ons ’n groot mylpaal, en ons sien uit na nog ’n nuwe hoofstuk: binnekort skuif Tollies na 'n groter perseel in dieselfde gebou - om ons kliënte nog beter te kan bedien en meer ruimte te bied vir alles waarvoor Tollies bekend is.
Ons sê uit die hart: Baie dankie aan ons span vir hul harde werk en passie, en aan elke klant wat ons ondersteun en vir ons gestem het.
Sonder julle is Tollies niks nie. Ons sien uit daarna om julle gou in ons nuwe winkel te verwelkom!
- SSK Gebou, Louis Fourie, Mosselbaai
- 044 695 2618
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’