Advertorial Gallery
MOSSELBAAI SAKE-NUUS - Met die aanbreek van die skoolvakansie, slaag baie ouers dalk ‘n sug van verligting dat die dodelike roetine van skool toe gaan ‘n bietjie onderbreek kan word. Maar, hoe gemaak as boetie of sussie teen volgende week verveeld is en kla van niks te doene hê nie?
Da Playhouse in Beach Boulevard, Diasstrand is die antwoord. Hierdie gerieflik geleë speelplek bied ‘n verskeidenheid fasiliteite waar die jongklomp hulle harte uit kan speel.
Daar is klouterplek, ‘n springkasteel, verskeie glyplanke, skopfietsies en –karretjies, asook ander rygoed, mini-potspeltafels, ‘n pinball-masjien en ander speletjies. Vir die kleuters, bied Da Playhouse ‘n opwindende speelplek wat spesiaal vir hulle behoeftes ingerig is en weg vanwaar die groter kinders speel.
Da Playhouse bied ook kinderpartytjies aan volgens ‘n tema wat enige kind se hart sal verbly. Hiervoor het hulle ‘n aparte lokaal wat privaatheid aan die verjaarsdagmaatjies bied, terwyl die speelplek steeds in bedryf kan bly.
Met ‘n gimnasium om die draai, bied Da Playhouse die ideale plek waar mamma of pappa die jongspan kan los onder toesig, terwyl hulle ongestoord kan oefen. Ma’s wat die haarsalon of skoonheidsalon in die omgewing besoek, kan rustig gaan ontspan terwyl hulle hul hare laat doen of ‘n gesigbehandeling ontvang, terwyl boetie of sussie by Da Playhouse kan speel.
Met Da Playhouse so gerieflik geleë in Diasstrand, is dit beslis ‘n oorweging om die kinders tydens inkopiesessies in die Langeberg of Mosselbaai Mall, eerder af te laai vir ‘n uur of wat se speel as om hulle in ‘n besige winkelsentrum te probeer onder oë hou.
Gesonde maaltye sal ook deel maak van die nasorgdiens om te verseker dat die jonges optimaal kan funksioneer tydens die leerproses.
Nasorg
Vanweë die groot behoefte aan studiehulp na skool, bedryf Da Playhouse ook vanaf September ‘n nasorgfasiliteit. Eienaars en ma-en-dogter-span, Christi en Chris-Mari Fourie het vir etlike jare ‘n Impak-tutorsentrum in Vaalwater bedryf voordat hulle in die Suid-Kaap kom hervestig het.
Die nasorgsentrum sal leerders vanaf graad 1 tot graad 7 kan akkommodeer en hulp bied met huiswerk doen, take asook toetsvoorbereiding.
Gesonde maaltye sal ook deel maak van die nasorgdiens om te verseker dat die jonges optimaal kan funksioneer tydens die leerproses.
Tans word daar ook kunsklasse by Da Playhouse aangebied. Die uitbrieding hiervan as ‘n buitemuurse aktiwiteit is in die beplanning.
Gesonde leefstyl
Met hulle goed ingerigte kombuis en koffiewinkel, kan Da Playhouse, bo en behalwe spyseniering vir partytjies en maaltye vir die nasorg, ook ander dienste bied. Diegene wat na ‘n gesonde leefstyl streef en gereeld gimnasium toe gaan, weet dat ‘n gesonde eetplan eweneens belangrik is om die gewenste resultate te verseker. Ook hierin, wil Da Playhouse seker maak dat hulle ‘n nommerpas diens aan kliënte bied.
Hulle bied ‘n diens waarvolgens spesiale dieëtplanne by hulle ingedien kan word en die varsgemaakte kos dan na ‘n oefensessie by hulle opgelaai kan word. Hierdie diens sal ook in die afsienbare toekoms uitgebrei word na die uitwerk van dieetplanne op versoek.
Da Playhouse is tans vanaf 09:00-19:00 oop gedurende die week, Maandag tot Vrydag. Op Saterdae en Sondae, is hulle ure 09:00-17:00.
“Kom kuier by ons – hier doen ons dinge sommer speel-speel.” Vir meer inligting, skakel 079 266 2659 of besoek Da Playhouse & One Stop Party Solutions op facebook.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'