Advertorial Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Spec-Savers Hartenbos is nou drie en 'n half jaar oud en voel dankbaar en geëerd vir die ondersteuning vanuit die gemeenskap gedurende dié periode.
Dit is juis as gevolg van gemeenskapsondersteuning dat ons nou die geleentheid het om ons dienste uit te brei - ons het nou oudiologie bygevoeg en bied hiermee selfs meer vir ons pasiënte.
Ons sal altyd die geleentheid aangryp om terug te delf in die gemeenskap soos ons die geleentheid kry om te groei.
Mense het natuurlik bekend geraak met die vriendelike diens en gesigte wat hulle by Spec-Savers Hartenbos kry; nou kan hulle ook die oudioloog, Monique Grobler, leer ken.
"Ons en Monique se waardes en sieninge met pasiëntesorg is in lyn met mekaar. As 'n span ag ons pasiëntesorg hoog en streef daarna om die beste moontlike diens en sorg aan ons pasiënte te lewer," sê Bernard King, die oogkundige en eienaar van Spec-Savers Hartenbos.
Monique het in Oktober by die span aangesluit en sê sy sien baie uit daarna om deel van hierdie span en ook die gemeenskap te wees.
Waarna sy die meeste uitsien, is om pasiënte te kan dien op 'n manier wat hopelik hulle kwaliteit van lewe sal verbeter. Sy is opgewonde om nou saam met Bernard te werk, aangesien die oë en ore hand-aan-hand loop.
As jy die noue verhouding tussen gehoor en sig in ag neem, maak dit dus net sin dat dié twee spesialiteite saam werk om die beste behandeling en eindresultaat vir 'n pasiënt te bied.
Monique het veral 'n spesiale belangstelling in die verhouding tussen gehoorverlies en demensie. Sy het ekstra kwalifikasies gedoen om dié verhouding beter te verstaan en ook sodoende beter sorg en raad te kan gee.
Navorsing toon dat gehoorverlies 'n invloed kan hê op die brein se gesondheid en funksionering.
As ons minder hoor, kry ons brein minder stimulasie, wat kan bydra tot kognitiewe afname oor tyd. Gehoorverlies kan ook sosiale isolasie veroorsaak, wat spanning en eensaamheid verhoog - albei faktore wat geassosieer word met 'n groter risiko vir demensie.
Deur gehoorverlies vroeg te behandel, help ons om die brein aktief en gesond te hou, wat kan bydra tot beter geheue en algehele kognitiewe gesondheid.
Spec-Savers Hartenbos se benadering tot pasiënte se behandeling is meer holisties. Ons kyk na die hele mens, nie net na gehoorverlies of sig nie. Hierdie aanslag lei tot 'n beter kwaliteit van lewe en algehele gesondheid.
Deel van hierdie holistiese benadering is ook om die regte en unieke oplossing vir elke pasiënt te vind. Moenie bang wees om by ons in te loer nie - ons sal jou stap-vir-stap lei deur die proses (hetsy oë of ore) en sorg dat ons jóú oplossing kry.
Alida Landman en Melinke Jansen van Vuuren.
"Ons glo wanneer optometrie en oudiologie saam werk, die pasiënt die best of both worlds ontvang - en dit alles onder een dak!" sê Bernard.
Vir enige navrae kontak ons gerus op 044 312 0980 of by hartenbos@specstores.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’