Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - Die Vise-president van Toyota, Mnr Calvyn Hamman, het hierdie geleentheid geopen.
Riversdal Toyota bestaan sedert 1972 en het die eienaar, Henk Louwrens op hierdie geleentheid erkenning gegee aan al die vorige eienaars wat ook by hierdie geleentheid was.
- Nachley Simon 1972 - 1983
- Danie Joubert 1983 - 1996
- Hendrik Kleinhans – 1996 – 2005
Die Vise-president van Toyota , Mnr Calvyn Hamman, het hierdie geleentheid geopen.
Die bou van die werkswinkel was genoodsaak as gevolg van konstante groei en die huidige fasiliteite het te klein geword vir die groeiende aanvraag in dienste.
Die nuwe moderene werskwinkel beskik oor ‘n nuwe onderdele afdeling, nuwe werkswinkelontvangs en werkswinkel wat voldoen aan Toyota se hoogste spesifikasies. Daar is ook ‘n nuwe parker area.
Riversdal Toyota voldoen ook aan die omgewings vereistes soos vereis deur Toyota Japan. Daar is onder andere 17 vyfduisend liter water tenks en stelsels wat alle watter suiwer wat in die werkswinkel gebruik word. Die water wat opgevang word, word gebruik in die nuwe “washbay”.
Die nuwe ontvangs area waar kliente verversings kan geniet het ook ‘n skoen politoer masjien vir kliente se gebruik.
Riversdal Toyota word ook aangewys as ‘m “Lighthouse” Handelaar. Toyota Suid Afrika gee jaarliks erkenning aan handelaars wat uitblink in naverkoopdiens. Om te kwalifiseer vir die sogenaamde "Lighthouse Award" vereis van handelaars beide operasionele doeltreffendheid en uitmuntende klientediens in beide diens en onderdele.
Lighthouse handelaars is 'n sprekende voorbeeld van toewyding om in kliënte se behoeftes te voldoen, sodoende te verseker dat elke interaksie hulle met 'n glimlag laat.
Pieter Wentzel, Onderdele Bestuurder, het tydens die Nasionale Handelaars Kongres die prys gewen as Klein-handelaar van die jaar – Parts Manager. Hy wen hiermee ‘n oorsee se reis na Balie.
Hy wen ook Eersteplek in Toyota se “Customer Service Society” vir kliente diens, as Customer Service Champion. Hierdie prys is ‘n vankansie in ‘n luukse hotel(lodge) in Pilansberg.
Die werkswinkel is in volle werking en nooi die publiek om hierdie fasilteite kom besigtig:
- Adres: Mulderstraat 34, Riversdal
- Kantoor telefoon nr: 028 713 2522
Vlnr: Vise-president van Toyota , Mnr Calvyn Hamman, Nachley Simon 1972 - 1983, Danie Joubert 1983 - 1996, Hendrik Kleinhans – 1996 – 2005 en huidige eienaar, Henk Louwrens.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'