Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - 'n Besonderse klerereeks vir kinders, wat nie net sy beslag in Mosselbaai gehad het nie, maar boonop as 'n suksesvolle aanlynwinkel bedryf word, het op 1 Junie in Marshstraat geopen.
Punanki, 'n Khoi-woord wat beteken "jy is geliefd", was die breinkind van Maryke Smit.
Michéle Müller, wat haar vriendin se passie vir kinders en besonderse klerasie deel, het in 2016 by die besigheid aangesluit en sedertdien die aanlynwinkel begin. Punanki se klerereeks word nie net plaaslik by verskillende winkels in die streek en elders in die land nie, maar ook internasionaal versprei.
"Ek is 'n ma van vier dogters en woon op 'n plaas. Ietsie moois en spesiaals om hulle in aan te trek was nie altyd geredelik beskikbaar nie. Daarom was die gedagte aan 'n kinderklerereeks aantreklik. Ook omdat dit iets is wat ek vanuit die gerief van die huis kan bedryf."
Punanki se klerereeks is uniek en van uitstaande gehalte. Daar is 'n beperkte aantal uitrustings om daardie tikkie eksklusiwiteit aan kliënte te bied. "Ons styl wissel van tydlose vintage style tot modern en in die modekol."
Die reeks bied iets vir seuns en meisies van 0-10 jaar oud. 'n Reeks bykomstighede is ook beskikbaar. Punanki se reeks wat aanlyn geadverteer word, is altyd in vooraad.
Aankope word gedoen uit die keur in kinderklere op die mark, maar word ook so beplan dat plaaslike verskaffers wat kwaliteit produkte verskaf, ondersteun word.
Michéle verduidelik dat al is die aanlynwinkel werklik 'n sukses, hulle 'n plek wou bied waar kliënte tasbaar kan ervaar wat Punanki bied. "Toe die geleentheid hom voordoen, was dit die mees natuurlike volgende stap vir ons handelsmerk."
Die PositiviT-klerereeks is ook by die winkel beskikbaar.
Besoek Punanki by Marshstraat 27 en ontmoet die span - Amori van Niekerk, Michéle Müller en Abigail Saayman. Kontak hulle by 072 643 9614 of stuur e-pos na punankikids@gmail.com. Besoek hul aanlyn by www.punanki.co.za, Instagram of facebookblad, Punanki Kids Clothing.
Abigail Saayman beman Punanki se nuwe winkel in Marshstraat.
Style wissel van vintage na in die modekol.
Unieke, gehalte kinderklere is beskikbaar by Punanki, ook aanlyn te koop.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'