Advertorial
SAKENUUS - Wanneer jou onderneming bekroon word met 'n spogtitel en jy kyk terug na 22 jaar gelede toe jyself moes inspring om rakke te bou, dan besef jy - dit was alles die moeite werd. Só gesels Petrisna Lohr-Mietzner die hoof-uitvoerende beampte van On Tap Mosselbaai en George.
On Tap Mosselbaai is tydens 'n jaarlikse byeenkoms van al 27 takke landswyd benoem as die konsessie van die jaar (Franchise of the Year). Hierdeur, het die tak met sy 12 werknemers groot takke in onder meer Paarden Eiland, Somerset-Wes, Oos-Londen en Port Elizabeth uitgestof.
Volgens Petrisna, is die toekenning van hierdie titel onderhewig aan 'n magdom kriteria wat dit des te meer 'n prestasie maak. Dit is egter ook nie die eerste keer dat haar span met van On Tap se toptoekennings spog nie. In die laaste twee jaar het die George-tak die toekenning vir beste groei ontvang, terwyl Mosselbaai as die beste handelsmerkambassadeurs aangewys is.
"Ons is baie trots op hierdie merietetoekenning, juis omdat ons weet dit is die vrug van konstante harde werk." Van die deurslaggewende faktore meen Petrisna is dat die Mosselbaai-tak baie ekstras aan kliënte bied. "Ons lewer dienste wat nie deur hoofkantoor van ons verwag word nie. Dit sluit kompetisies en 'n lojaliteitsprogam in."
Petrisna se ouers het die onderneming in 1997 op Mosselbaai begin. "Dit was net drie van ons. My pa, ma en 'n verkoopsman. Ek was toe nog op skool gewees." Sy was deurlopend by die besigheid betrokke en het vyf jaar gelede as hoof-uitvoerende beampte by haar pa oorgeneem. "Die span verdien hierdie toekenning deur en deur. Dit bewys weer eens, dat harde werk, vrug afwerp."
'n Trotse oomblik to On Tap Mosselbaai die toptoekenning ontvang. Van links: Johan van Wyk (hoof-uitvoerende beampte On Tap-konsessie), Nico Marais (bestuurder On Tap Mosselbaai), Petrisna Lohr-Mietzner (hoof-uitvoerende beampte On Tap Mosselbaai), Henry Sowden (stigerslid van On Tap) en sy vrou, Jill.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'