Advertorial
TUINROETE NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is bekend vir die waardevolle insette wat hierdie tradisieryke hoërskool oor die periode van vyf jaar in die lewens van leerders belê.
Afgesien van ’n uiters hoë akademiese standaard, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor ’n breë spektrum van lewensvaardighede en lewenskwaliteite. Hier word van seuns verantwoordelike jong mans gemaak.
Die breë vakkeuse bied studiegeleenthede in enige beroepsrigting.
Die 2025 gr. 12-klas behaal ’n 100% slaagsyfer en 77 van die 86 matrieks behaal matrikulasievrystelling. Sewe leerders behaal gemiddelde A-simbole, Artho Saayman was die beste kandidaat. Hy het ’n 93,1% gemiddelde behaal en agt onderskeidings verwerf.
’n Totaal van 96 vak A-simbole word ook behaal en die gemiddelde persentasie van die klas was 64,3%.
Oakdale is ’n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns, vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool. Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline.
Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigheid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.
Die Landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring ’n nuwe ervaringswêreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie-ontwikkeling.
Oakdale word bestuur soos ’n onderneming waar besigheidsbeginsels bydrae tot die betrokkenheid van verskillende landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.
Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale-leerders word hoog geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmanskap word hoog geag in die vorming van ons leerders se mondering. Onderrig, sport en landboufasiliteite is van uiters hoë gehalte bydraend tot die sukses wat Oakdale-leerders op alle terreine behaal.
Hier op Oakdale is die koshuis hul “huis” en die medeleerders hul broers. Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiastiese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as ‘n belegging in die jeug en die toekoms van ons land.
Oakdale het ook ’n uitgebreide buitemuurse kurrikulum in terme van sport en kultuur. Ons eerste rugbyspan het in Desember 2025 aan die World School Rugby Festival in Spanje deelgeneem en teen verskeie oorsese skole gespeel en oortuigende wenne behaal.
Oakdale se toutrekspan het as die onbetwiste wêreldkampioene uit die stryd getree tydens die 2022, 2023, 2024 en 2025 Wêreldtoutrekkampioenskappe. Ons het in 2025 drie seuns gehad wat deel was van die SA Skolespan en drie leerders wat deel was van die SA “A” Skolerugbyspan.
Oakdale seuns kry geleenthede wat min ander skoolseuns beskore is.
Oakdale is meer as ’n skool, dit is ’n leefwyse!
BY OAKDALE HOU ONS NIE OP AS ONS MOEG IS NIE ONS HOU OP AS ONS KLAAR IS!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’