Sy het haar gemeenskapsdiens in Cradock gedoen en is baie opgewonde om haar in pragtige Mosselbaai te kom vestig.
Met Natasha se aanstelling word 'n wyer terapieveld nou gedek.
Sy het ondervinding in 'n verskeie aspekte van spraak- en taalterapieterapie, wat strek van premature baba's tot volwassenes. Sy kan hulp verleen aan beroertepasiënte met sluk- en spraakprobleme, asook persone met ander hoofbeserings.
Kinders met spraak- en taalprobleme, onder andere, tweede taalleerders, vorm deel van Natasha se omvang van terapie. Hulp met lees en spelling vir kinders van alle ouderdomme, asook kinders met disleksie is beskikbaar. Natasha bied ook terapie vir kinders met sindrome waar spraak en taal aangetas is, byvoorbeeld Down Sindroom, asook kinders met Outisme.
Mosselbaai is bevoorreg om 'n Oudiologie en Spraakterapie praktyk met al hierdie kundige terapeute te hê en u is welkom om die vriendelike ontvangs te skakel vir afsprake by 044 690 5511. "
Ons professionele en toegewyde span staan gereed om u te help."
Suzanne, Lize, Natasha, Thea
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'