Sponsored Content
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Lize Pretorius Oudioloë vier vanjaar hulle 10 jaar praktyk verjaarsdag.
Sy is ‘n gevestigde praktyk in Mosselbaai waar gehoortoetsing en die verskaf van gehoorapparate op ‘n kundige en professionele wyse plaasvind.
Lynette Snyman het onlangs by die praktyk ingeskakel. Sy is ‘n gekwalifiseerde oudioloog en spraakterapeut met baie ervaring. Sy het ook by verskeie gehoorapparaat maatskappye gewerk en het ook oudioloë opgelei in moderne apparaat-tegnologie.
Lynette is die afgelope vier jaar woonagtig in die Suid Kaap nadat sy vir baie jare in Gauteng woonagtig was.
Op 27 Julie word ‘n opedag gehou ter viering van hulle 10 jaar verjaarsdag, waar gehoor siftingstoetse gratis gedoen sal word en nuwe tegnologie beproef kan word.
Lize Pretorius Oudioloë het ook n volledige praktyk met klankdigte toerusting in Stilbaai waar maandelikse klinieke aangebied word.
Die Mosselbaai praktyk is gerieflik in Marshstraat 121 geleë en afsprake kan telefonies gedoen word by 044 690 5511.
Die vriendelike gesigte van Lize Pretorius Oudioloë: Thea, Lize & Lynette.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'