Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Niek Harteveld Oogkundige neem hande met Practice Cover vanaf 1 Maart 2018 om hul goeie diens uit te brei.
Hier word die risiko van brille wat breek aangespreek.
“Ons besef die koste van brille neem gereeld toe en wil as gevolg daarvan breekskadedekking aan elke klient bied."
Pryspakkette is beskikbaar vanaf R700, maar ‘n premium multifokale bril met ekstras en gesogte raam kan tot R12 000 kos. Breekskadedekking maak voorsiening vir die dek van die koste van die oorspronklike bril (100%). Hierdie vervanging is uitsluitlik beskikbaar by Niek Harteveld Oogkundige en op die oorspronklike produk en voorskrif.
Die breekskadedekking is geldig vir ‘n twee jaar periode en sluit kliënte se brille en sonbrille in. Dit beteken dat ‘n bril of sonbril wat krap of breek een maal volledig vervang kan word gedurende die twee jaar periode.
Indien ’n raam alleen breek, kan die raam vervang word, maar daar is dan nog dekking op die lense in die oorblywende tydperk. Indien hulle byvoorbeeld later gekrap word, kan lense dan ook vervang word.
“Ons vind in die praktyk dat ongelukke met brille spesifiek, gereeld gebeur. Om ons kliënte goeie diens en gemoedsrus te gee, het ons besluit om hierdie produk te ondersoek en uit te neem.”
Hierdie breekskadedekking is vanaf 1 Maart 2018 outomaties en gratis ingesluit vir alle kliënte van Niek Harteveld Oogkundige.
Vir die afgelope ses jaar is ons reeds toegewy tot goeie diens - PRACTICE COVER is net nog ‘n manier wat ons dit tasbaar deurgee aan ons kliënte.
Kontak ons by 044-695 1688 vir meer inligting of om u afspraak te maak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'