Advertorial
SAKENUUS - Om 'n regsfirma verby die kwarteeumerk te stuur sit nie sommer in enigeen se broek nie - die span by SJ Diedericks Ingelyf Prokureurs hét egter wat dit vat.
Dié boetiek-regsfirma is vanjaar al vir 26 jaar 'n betroubare regsvennoot vir ieder en elk in Mosselbaai: individue, families en besighede.
By Kerkstraat 54 kan kliënte 'n reeks verskillende dienste op 'n gespesialiseerde vlak kry. Hiérdie is sedert 2023 die firma se nuwe tuiste ná jare in Da Gamastraat.
Twee name sinoniem met SJ Diedericks Ingelyf is sy twee senior prokureurs, Fanie Diedericks en Niël Moolman. Net tussen hulle alleen is daar 'n gekombineerde 85 jaar se regsondervinding. Kort op hul hakke is Gideon Landman met 30 jaar se ervaring in die regte.
Fanie het die firma in 1999 op die been gebring en sedertdien het twee ander firmas met SJ Diedericks Ingelyf saamgesmelt.
"Die blote feit dat kollegas hul kragte en kennis saamspan onder een naam dui op die goeie reputasie van die firma. Die firma is alombekend vir sy hoogste integriteit en professionaliteit," sê Fanie.
Tesame met die waarde wat die res van die span tot dié formidabele firma toevoeg, kan jy nie verkeerd gaan indien jy jou belange in SJ Diedericks Ingelyf se bekwame hande laat nie.
Die firma spesialiseer onder meer in boedels, testamente, egskeidings (en ander aspekte van familiereg), eiendomsoordragte, siviele aksies en skuldinvordering.
Die span bestaan uit agt lede wat jou in enige van die volgende velde sal kan bystaan:
- Fanie Diedericks en Niël Moolman: boedels, aktebesorging, siviele litigasie - Hooggeregshof, Padongelukfonds-eise, persoonlike beseringseise en familiereg (egskeidings en kinderaangeleenthede).
- Nadia Venter: boedels en finansiële en kantoorbestuur.
- Renthea Lindeque en Anri Vermeulen: transporte, verbande en staatsgesubsidieerde behuising.
- Esmare de Nobrega en Gideon Landman: skuldinvorderings, siviele litigasie, onderhoudsaangeleenthede, gesinsbeskermingsbevele en skuldinvordering.
- Chrizelda Korkee: ontvangs en logistiek.
Om navraag te doen oor enige van die firma se dienste, skakel 044 690 3325 of stuur 'n e-pos na mosselbay@mweb.co.za.
Niël Moolman
Renthea Lindeque
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’