Gallery Video
BESIGHEIDSNUUS EN VIDEO - Om 'n geliefde aan die dood af te staan is een van die pynlikste verliese wat jy kan ervaar. Wanneer hierdie verlies aan jou deur klop, gaan dit dikwels gepaard met baie onsekerheid midde in 'n tyd wat daar op 'n formele wyse van jou geliefde afskeid geneem moet word.
Dit is dikwels 'n donker tydperk wanneer ons eintlik net wil rou, maar waar herdenkings- en ander noodsaaklike praktiese reëlings getref moet word.
Wanneer jy op jou broosste is, is die bekwame span van Garden Route Funeral Services daar vir jou om 'n belangrike en moeilike dag in jou lewe in 'n kosbare herinnering te verander.
FOTOGALERY: Garden Route Funeral Services staan jou by
Hierdie is die breinkind van 'n oud-Mosselbaaier, Sonika Weston en 'n teoloog dr Hermann Strydom.
Na aanleiding van haar eie persoonlike ervaring met trauma en dood, het Sonika besluit om haar beroep as argitek te verlaat en om haar lewe daaraan te wy om mense op dié wyse by te staan. Sy besit ook begrafnisondernemings in Stilbaai en Riversdal en is ervare in die bedryf.
Hermann het sy doktorsgraad in teologie voltooi en dien tans as die visekanselier van die Global Institute of Inspired Learning. In 2021 het hy as voltydse professor uitgetree en het begin fokus om hulp te verleen aan individue wat trauma ervaar en veral trauma wat met die verlies van 'n geliefde geassosieer word.
Dienste
Garden Route Funeral Services is geleë in 'n pragtige gebou in Blandstraat wat uit die 1880's dateer. Die bekwame span ondersteun rouklaers en lewer 'n diens wat so uniek is soos die lewe wat herdenk word.
Die kapel wat by hulle kantoor beskikbaar is, bied 'n persoonlike en intieme gevoel en het sitplek vir 120 mense. Dit is die ideale plek vir begrafnis- en verassingsdienste.
Dienste word aan polis- en nie-polishouers verskaf en word aan alle denominasies gelewer.
VIDEO - Garden Route Funeral Services bied uitsonderlike en simboliese dienstes aan.
Die begrafnisonderneming het 'n span predikante wat dienste lei en rouklaers kan ook van hul eie geestelike leiers gebruik maak. Hierdie onderneming verskaf 'n alles-in-een diens en sluit ook die druk en ontwerp van begrafnisbriewe en die verskaffing van vingerhappies na afloop van die diens in. In die geval van 'n verassing bied Garden Route Funeral Services 'n uitsonderlike simboliese diens aan.
'n Kis word na afloop van die diens afgesak, sodat rouklaers dieselfde afskeid en finaliteit kan ervaar as by 'n begrafnis.
'n Lewendige stroming van dienste is ook beskikbaar vir geliefdes wat nie die diens kan bywoon nie.
Kontak Garden Route Funeral Services 24 uur per dag by 044 285 0996 of besoek hulle by Blandstraat 75 op Mosselbaai vanaf 09:00 tot 17:00, Maandae tot Vrydae. Besoek die webwerf vir meer inligting www.grfs.co.za.
Die kapel bied 'n intieme gevoel en kan tot 120 mense huisves.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'