Advertorial
SAKE NUUS - Charl van Dyk, die nuwe verkoopsbestuurder van Mosselbaai Nissan, is klaarblyklik ‘n gebore verkoopsman.
Charl het 22 jaar verskoopservaring in die motorbedryf en het in Junie die leisels by die Mosselbaaitak kom oorneem.
“Ek het kleintyd al vir my ouers gesê ek wil eendag ‘n ‘Porsche-man’ wees, menende dat ek motors wou verkoop,” vertel Charl.
Hy het sy loopbaan in voertuighandel op Welkom begin. Charl het egter ook ‘n smakie van die internasionale mark gehad toe hy ‘n paar jaar in Dubai voertuie verkoop het. Hierna het hy in Rustenburg gewerk, toe Nelspruit en nou noem hy Mosselbaai sy tuiste.
Charl glo bowenal aan die krag van goeie kliëntediens, juis om jou vinger te alle tye op die pols te hou wat die kliënte se unieke behoeftes betref. “Dit is so belangrik om elke kliënt daardie ‘wow-ervaring’ te gee deur hulle dit te bied wat hulle eintlik by jou kom koop het.”
Eerlikheid gee volgens Charl in alle verkoopstransaksies die deurslag. “Dit is belangrik om te onthou dat jou kliënt weet wat hy of sy wil hê en self besluit hoe en waarop hulle hul geld wil bestee. Daarom is dit nie raadsaam om draaie te loop nie. In voertuighandel, is dit eerlikheid wat kliënte keer op keer laat terugkom.”
Charl het tans ‘n span van vier as verkoopspersoneel, Marthin Fick, Dewald Jansen Van Vuuren, Ryno Brett en Tiaan Naude wat saam met hom werk. Wat spanwerk betref, glo hy dat hulle as span dieselfde waardes moet deel. “In verkope moet ‘n mens jou nie deur die ekonomie laat afskrik nie. Wat jy insit kry jy altyd uit, harde werk, werp vrugte af.”
Besoek Mosselbaai Nissan gerus by Louis Fourieweg 3 in Voorbaai om die span te ontmoet en meer uit te vind oor spesiale aanbiedinge.
Skakel die tak gerus - 044 695 0573.
Charl van Dyk.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'