SAKENUUS - Nadat ons verlede jaar wenners was in die Best of Mossel Bay Readers' Choice Awards, is ons baie bevoorreg om in 2025 weer genomineer te wees.
Mossel Bay Roofing spesialiseer in die ingenieursontwerp, vervaardiging en lewering van dakkappe en dakmateriaal.
Gebaseer te 15 Voorbaaisingel, lewer ons nie net in Mosselbaai dienste nie, maar in die hele gebied tussen Swellendam en Plettenbergbaai - tot so ver as Prins Albert.
Benewens die Best of Mossel Bay toekenning van verlede jaar, is ons ook aangewys as die topverkoper in Unilam se top 10 verkopers van metaaldakkapprodukte vir 2024/2025.
Mossel Bay Roofing is geseën met 'n professionele span wat kwaliteit en dienslewering hoog op prys stel. Die hoofbestuur alleen het meer as 55 jaar ervaring in die dakkapbedryf en is gekwalifiseer tot op die hoogste vlak, "Advanced rooftruss design".
Om in harmonie saam te werk as 'n span is ons prioriteit en die geheim van ons sukses.
Elke kliënt is vir ons baie belangrik, ongeag die waarde van die aankope, en ons behandel elkeen asof hulle die belangrikste is.
As 'n besigheid wat reeds 25 jaar lank die Suid-Kaap bedien, is ons baie betrokke in die gemeenskap en help graag voorsien in plaaslike behoeftes deur middel van donasies en verskeie logistiese ondersteunings.
Dis ook geen wonder dat ons daagliks eposse, boodskappe of telefoonoproepe van tevrede en gelukkige kliënte ontvang nie!
- 15 Voorbaai Crescent, Voorbaai, Mossel Bay
- 044 695 0331
Mossel Bay Roofing fabriek.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’