Advertorial
MOSSELBAAI SAKENUUS - Toe prokureur Manie Pretorius sy praktyk in Danabaai gevestig het 19 jaar gelede, het hy so te sê pionierswerk in dié uitbreiding kom doen wat intussen, geweldig uitgebrei het. Oorspronklik van Stilfontein, Noord-Wes Provinsie het hy as jong man in Danabaai hervestig en daar wortel geskiet.
Manie Pretorius Prokureurs is die tweede oudste sakeonderneming in Danabaai. Volgende jaar, is die praktyk 20 jaar oud.
Manie Pretorius Prokureurs spesialiseer in aktevervaardiging en eiendomsoordragte, asook testamente en boedels. Hulle is veral trots op hul flinke en effektiewe kliëntediens wat die hantering van opdragte betref.
Maar die troefkaart is waarskynlik ook die warmte en vriendelikheid waarmee kliënte sommer met die intrapslag begroet word.
"Ons is soos 'n familie. Hier is ons gemaklik en spontaan as personeel, daarom is dit ook 'n kerndeel van ons verhouding met ons kliënte," sê Manie. Hy glo aan 'n oopdeurbeleid waarbinne hy altyd, selfs sonder afspraak, tot sy kliënte se beskikking is.
Met kundige personeel wat reeds jare lank in sy diens is, bied die praktyk 'n besonder vloeibare proses wat hul dienslewering betref. Maryna Taylor is die vriendelike ontvangsdame wat ook boedels behartig, terwyl die deurwinterde Marisca Nordjé, wat al 12 jaar deel van die praktyk is saam met Christelle Hartzenberg, die aktes hanteer. Die twee vroue het tussen die twee van hul meer as 35 jaar ondervinding in aktes.
Manie Pretorius Prokureurs is so te sê deel van Danabaai se geskiedenis. "Ons bedank ons kliënte en vriende vir hul ondersteuning die afgelope amper 20 jaar en sien uit na ons volgende 20 jaar én daarna - nét hier in Danabaai."
Besoek Manie Pretorius Prokureurs gerus in Floraweg 209 of skakel 044 698 2180/2.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'