Sponsored Content
SAKENUUS - Laerskool Park is met trots aangewys as die Best of Mossel Bay Readers's Choice Awards-wenner in die kategorie Primêre Skole. Die toekenning is 'n besondere eer en beklemtoon die sterk band tussen die skool en die Mosselbaai-gemeenskap.
As 'n trots Afrikaanse, waardegedrewe skool in die hartjie van Mosselbaai, is Laerskool Park daartoe verbind om elke leerder in totaliteit te ontwikkel. Die fokus is nie slegs op akademiese prestasie nie, maar ook op die ontwikkeling van elke kind se unieke talente, karakter en potensiaal.
Park bied 'n omvattende program van akademiese, sport-, kultuur- en sosiale geleenthede. Deur hierdie verskeidenheid kry leerders die geleentheid om hul Godgegewe gawes te ontdek, te ontwikkel en met selfvertroue uit te leef.
Die waardes van respek, betroubaarheid, verantwoordelikheid, regverdigheid, omgee en volharding vorm die grondslag van die Park-gemeenskap. Dit word weerspieël in die manier waarop personeel, leerders en ouers saamwerk om 'n positiewe en ondersteunende skoolomgewing te skep.
Voortdurende ontwikkeling bly 'n belangrike prioriteit. Deur in onderwysers, personeel en hulpbronne te belê, streef Laerskool Park daarna om gehalte-onderrig te lewer en voortdurend aan te pas by die behoeftes van 'n veranderende wêreld.
Die Best of Mossel Bay-toekenning is daarom 'n betekenisvolle erkenning van die gemeenskap se vertroue en ondersteuning. Dit is 'n viering van die mense wat elke dag saam bou aan die Park-gemeenskap.
Trots. Tradisieryk. Toonaangewend. Toekomsgerig.
Laerskool Park.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’