Advertorial Gallery Video
SAKENUUS - In Hartenbos, is 'n nuwe baken wat uitspel - geloof, hoop en volhard.
Dié woorde vorm deel van Kaap de Goede Hoop 918, 'n spog kantoor- en winkelsentrum op die hoek van Bloukransweg en Kaap de Goede Hoop-laan se hoeksteen – en met goeie rede.
Die eiendom is ontwikkel deur die bekende Lategan-familie, wat aanvanklik woonstelle op Erf 918 wou ontwikkel.
Toe Hansie Lategan die argitek Frik Wagenaar, met sy flair vir treffende ontwerp ontmoet, begin 'n nuwe plan vorm aanneem wat uiteindelik dié 2000m² gebou met sy mengsel van moderne ontwerp en kontemporêre elemente, tipies aan die styl van die vroeë 1900s sou word.
Die pad was egter nie sonder uitdagings nie, wat die ontydige afsterwe van Hansie se eggenoot van 47 jaar, Yvonne ingesluit het. Hansie en sy drie kinders, Marlene, Jolandie en Johan het egter die woorde, geloof, hoop en volhard hul eie gemaak en met die projek deurgedruk.
Kaap de Goede Hoop 918 is verlede Vrydag, 25 September met trots amptelik tydens 'n geselligheid geopen.
Fotogalery: Kaap de Goede Hoop 918
Vandag, huisves dié prag gebou 11 besighede en bied dit geriefshalwe, ondergrondse parkering en gemaklike toegang vanaf die kelder na grondvlak asook die eerste verdieping deur middel van 'n hysbak.
Kyk 'n video hieronder:
Met die Mere Group as argitekte en projekbestuurders, is die gebou binne bestek van 14 maande voltooi. Daar word gebruik gemaak van hernubare energietegnologie wat ruimte skep vir sonpanele, geysers en UPS-sisteme om krag te voorsien in algemene gebruiksareas en sommige kantore. 'n Satellietkonneksie verskaf die gebou se telefoon- en datanetwerk.
Harcourts Eiendomme het hulle kantore op die grondvlak, met Mere Argitekte, Frik Wagenaar se firma, asook Rauch Gertenbach Prokureurs op die eerste verdieping, vir diegene wat by een adres enige navrae op die eiendomsfront sou hê, maar Rauch Gertenbach lewer ook ander regsdienste vanuit hierdie satellietkantoor. By Logical Investments se kantore is deskundige advies beskikbaar aangaande digitale beleggingsgeleenthede.
Tandemuis se Huis, 'n tandartspraktyk wat ook in Mosselbaai 'n kantoor bedryf, het hier sy tuiste op Hartenbos. Diegene wat hou daarvan om gepamperlang te word, het 'n keuse van skoonheidsalonne om te besoek.
Maretha Bergh van Skinsational Advanced Clinic, waar Lamelle-produkte beskikbaar is, spesialiseer in estetiese gesigbehandelings, maar bied ook ander dienste aan. Maretha roem op 24 jaar se ervaring in die skoonheidsbedryf.
Shekainah Skin Care Clinic, wat Environ- en Beaute Pacifique-produkte bied, bied ook 'n wye reeks skoonheidsbehandelings. Hier kan jy ook ontspan vir 'n massering. Laasgenoemde eienaars, was voorheen aan Placécol in Langeberg Mall verbonde.
Vir die snuffelaar op soek na 'n iets besonders of 'n unieke geskenk, is daar 'n winkel met Carol Boyes-ware, asook hand-gemaakte produkte, mans-, vroue- en kinderklere en vele meer te koop. Loer ook in by die verskeidenheidswinkel geskoei op die Crazy Store-beginsel waar allerlei items beskikbaar is.
'n Geriefswinkel open binnekort in die sentrum waar 'n groot verskeidenheid noodsaaklikhede na-ure te koop sal wees.
'n Besoek aan Kaap de Goede 918 sal nie volledig wees sonder 'n kuiertjie by Around the Family Bean nie. Geniet hier 'n vars gebroude cappuccino en heerlike gebak in 'n gesellige atmosfeer voor jy weer jou dagtake hervat.
Die Lategans se ontwikkelings-drome eindig egter nie hier nie. Planne is reeds in die vooruitsig vir die aangrensende perseel, waar Property Monopoly se kantore tans is. Soos Ben Krause van Harcourts tydens 918 Kaap de Goede Hoop se amptelike opening verlede week gesê het: "Hou die spasie 'langsaan' dop…"
Hansie Lategan en sy drie kinders, Jolandie, Marlene en Johan.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'