Advertorial
MOSSELBAAI NUUS - Shell Voorbaai Truckport & OK Express bedank elkeen van sy lojale klante wat, ten spyte van die Louis Fourieweg-uitdagings, steeds hul getroue ondersteuning gee.
"Die opgradering van Louis Fourieweg het oor die afgelope drie jaar 'n geweldige impak op besighede langs dié pad gehad. Buiten al die geel versperrings, stof, masjinerie en werkers was dit menige dag 'n reuseuitdaging om by Shell uit te kom - báie dankie dat julle ons steeds ondersteun!" sê die eienaars, Johannes en Linette Bisschoff.
Een spesifieke klant, Sizwe Elson Nkosi, het verlede week sommer 'n ekstra spesiale dankie gekry toe hy as die wenner van die onlangse Win a Car-kompetisie gekies is.
"Ons wens vir jou vele veilige en gelukkige kilometers vir die toekoms toe. Jy is 'n lojale klant wat ons kompetisie regdeur die jaar ondersteun het. Jou ondersteuning het hierdie reis onvergeetlik gemaak."
Die gelukkige wenner van die Volkswagen
Polo Vivo Life, Sizwe Elson Nkosi.
Diegene wat nie hierdie ronde die wengeluk aan hul kant gehad het nie, kry gelukkig nog 'n kans.
"Ons begin op 1 Julie met 'n nuwe, soortgelyke kompetisie waar daar weer 'n motor gewen kan word! Wie weet, dalk is jy die gelukkige persoon!" het die Bisschoffs hierdie week aangekondig.
"Buiten die hoë kwaliteit brandstof wat Shell bied, het ons ook 'n 24-uur OK Express-geriefswinkel, 'n Vida e Caffè, 'n LEGO-winkel en besprekingskantoor vir busritte en vliegtuie. Kom kuier gerus," nooi hulle.
Neem ook kennis van die nuwe ingang: Indien jy via Louis Fourie van Hartenbos af kom, draai regs by Rooken Smithstraat (oorkant Garretstraat).
Die 12 finaliste in die Volkswagen Polo Vivo Life-kompetisie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’