Advertorial
SAKE-NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal is bekend vir die waardevolle insette wat hierdie tradisieryke hoër-skool oor die periode van vyf jaar in die lewens van leerders belê.
Afgesien van 'n uiters hoë akademiese standaard waarop leerders kan staatmaak, is die skool gerig op die vorming van die leerders oor 'n breë spektrum van lewensvaardighede en lewenskwaliteite.
Hier word van seuns verantwoordelike jong mans gemaak.
Die breë vakkeuse bied studiegeleent-hede in enige beroepsrigting. Die 2021 graad 12-klas behaal 'n 100% slaagsyfer en 86 van die 87 matrieks behaal matrikulasievrystelling. Twaalf leerders behaal gemiddelde A-simbole met Jaco Pienaar wat 'n 87,9% gemiddelde behaal. 'n Totaal van 157 vak A-simbole word ook behaal.
Vanweë die sterk waardegedrewe karakter van die skool is Oakdale 'n uiters gewilde hoërskoolkeuse vir seuns.
Die Oakdalers geniet elke oomblik van die lewe op Oakdale binne die raamwerk van sterk dissipline. Die Oakdalers is bekend vir die unieke samehorigheid, respek, hoflikheid en toewyding wat in alle fasette van menswees toegepas moet word.
Die landbou-aard van die skool maak dit uniek en bring 'n nuwe ervaringswêreld binne bereik van elke seun. Landbou-opleiding is uniek en hou tred met die nuutste tendense van landbou- en tegnologie-ontwikkeling.
Oakdale word bestuur soos 'n onderneming waar besigheidsbeginsels bydra tot die betrokken-heid van verskillende landbou-instansies as vennote in landbou-onderrig.
Die waarde van sport in die vorming van die Oakdale-leerders word hoog geag. Toewyding, dissipline en sterk sportmanskap word hooggeag in die vorming van ons leerders se mondering. Onderrig, sport en landboufasiliteite is van uiters hoë gehalte bydraend tot die sukses wat Oakdale-leerders op alle terreine behaal.
Hier op Oakdale is die koshuis hul "huis" en die mede-leerders hul broers. Die uiters bekwame en toegewyde personeel se entoesiastiese insette in die lewens van hierdie jongmanne word absoluut beskou as 'n belegging in die jeug en die toekoms van ons land.
Oakdale is meer as 'n skool, dit is 'n leefwyse!
Die skoolhoof, Willem du Buisson
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'