Sponsored Content
MOSSELBAAI NUUS - Heiderand Mall, 'n bekende en gewilde inkopiesentrum in Mosselbaai, het verlede jaar 'n nuwe fase betree toe hulle dié inkopiesentrum wat die afgelope 20 jaar as Mosselbaai Mall bekend gestaan het, se naam na Heiderand Mall verander het.
Die herbenaming is gedoen na vele verwarring met verwysing na die ligging van die sentrum. Dié verjaardagvieringe van die nuwe herbenaamde-inkopiesentrum, vind vandag, Saterdag, 25 Maart plaas.
Met die naamsverandering en 'n nuwe moderne voorkoms, is daar ook ander veranderings wat binnekort gaan plaasvind.
Van die veranderings is 'n nuwe sit-area met rusbankies vir kliënte, asook die loopvlakke aan die buitekant van die sentrum wat opgeknap gaan word. Verder is twee nasionale handelsmerke, naamlik PEP Stores en Spec-Savers, tans besig met opgraderings.
Met Paastyd wat nader kom, word daar hard gewerk om die sentrum op te tooi vir 'n feestelike inkopie-ondervinding gedurende hierdie tyd.
Die Heiderand Mall bied steeds vir elke kliënt 24-uur sekuriteit, ongeveer 700 parkeerplekke en gerieflike handelsure.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’