Sponsored Content
SAKENUUS - Die fondasies vir jou kind se Christus-gesentreerde, Afrikaanse onderrig in Hartenbos is gelê.
In Januarie 2027 sal leerders van gr. RRRR tot gr. 7 by Hartland Akademie, geleë in Hartland Landgoed, kan aansluit.
Die skool se stigters sê in hierdie vinnig groeiende omgewing bars Afrikaanse skole uit hul nate, en Hartland Akademie is hier om hierdie leemte te vul - met ’n skool gebou op die Woord. En, goeie nuus, in Oktober is daar ’n opedag. Dan kan jy as ouer self kom kyk hoe hierdie splinternuwe skool lyk.
Hartland Akademie is ’n gesamentlike inisiatief van Die MOS Inisiatief en Doxa Deo Opvoedkunde, twee organisasies met ’n gedeelde passie om kinders in Afrikaans, binne ’n Christelike raamwerk, vir die toekoms toe te rus.
Die man wat aan die stuur van hierdie skoolskip sal staan is Hennie Louw. Dié toekomstige skoolhoof is reeds ’n bekende gesig op Hartland Akademie se sosiale media, waar hy kort-kort meer deel oor verwikkelinge by die skool en sy opgewondenheid oor die pad vorentoe.
“Pa’s en ma’s, my visie is nie net vir die skool self nie, maar oor die impak wat jou kind in die samelewing gaan maak; om ons samelewing ’n beter plek te maak en om ’n impak te maak daar waar Jesus hom of haar geplant het.” En daar is sekerlik nie ’n beter plek as die Tuinroete vir ’n kind om te blom nie.
Muller van Loggerenberg, die hoof van opvoedkunde by die Doxa Deo-groep, sê hulle het nou al jare se ondervinding in die onderwys en bewese leermodelle - gehalte onderrig is vir hulle ononderhandelbaar.
Hartland Akademie se leuse is ‘Wys die weg’ en sluit aan by Johannes 14:6 waar Jesus sê Hy is die weg, die waarheid en die lewe.
Konstruksie het reeds begin ná die sooispit-seremonie op 17 April 2026. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die opening in Januarie 2027.
Louw sê hulle doel is om vir leerders die weg te wys om vir Jesus te leer ken en te weet Hy is deel van hul lewens.
Binne daardie konteks wil hulle deur holistiese en toekomsgerigte onderrig die volwassenes van more leer om krities te dink, tegnologies geletterd te wees en ook veerkragtig te wees - ons lewe in ’n konstant veranderende wêreld en hulle moet voorbereid wees daarvoor.
Hartland se klasse sal ook kleiner wees as wat jy tipies in hoofstroomskole sal vind, wat die hele onderrig- en leerproses vir beide die leerder en onderwyser sal vergemaklik. En iets wat die skool hoog op prys stel in sy onderwysers is passie. Passie vir God, passie vir kinders, en passie vir leer.
Hier is Hartland Akademie se antwoorde op die belangrikste vrae:
Watter grade bied die skool aan?
Ons beoog tans om met gr. RRRR (2-jariges) tot gr. 7 te begin, waar ons leerders stap vir stap begelei om hul pad met selfvertroue te stap - ons roeping om ‘die weg te wys’.
Wat is die onderrigtaal?
By Hartland Akademie is Afrikaans ons enigste onderrigtaal - ’n taal waarin ons kinders met selfvertroue kan leer, groei en floreer.
Is die skool slegs oop vir inwoners van Hartland Lifestyle Estate?
Glad nie. Hartland Akademie verwelkom gesinne van regoor die breër Mosselbaai- en Tuinroete-omgewing.
Wat beteken “Christus-gesentreerd”?
Ons leef en werk vanuit ’n fondament van geloof, liefde en hoop. By Hartland Akademie is ons passie om elke leerder nie net akademies nie, maar ook geestelik te ontwikkel en toe te rus vir die lewe - om saam aan hulle ‘die weg te wys’.
Ons beoog tans om met gr. RRRR (2-jariges) tot gr. 7 in 2027 te begin.
Wanneer open die skool?
Konstruksie het reeds begin ná die sooispit-seremonie op 17 April 2026. Ons sien met groot opgewondenheid uit na die opening in Januarie 2027.
Wie staan agter Hartland Akademie?
Hartland Akademie is die vrug van ’n unieke samewerking tussen die MOS Inisiatief (Trust vir Afrikaanse Onderwys), Doxa Deo Opvoedkunde en die ontwikkelaars van Hartland Landgoed - almal met ’n gedeelde visie vir uitnemende, waardegedrewe onderwys.
Hoe dui ek my belangstelling aan om my kind in te skryf?
Ons hoor graag van jou! Besoek hartlandakademie.co.za om jou belangstelling te registreer, of stuur ’n e-pos aan [email protected].
- Volg ons op Facebook.
Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’