Advertorial Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Gevestigde prokureursfirma, René Harris Prokureurs en Aktevervaardigers het onlangs hul deure op Hartenbos geopen.
Die firma bied reeds die afgelope 18 jaar 'n verskeidenheid gespesialiseerde dienste aan tevrede kliënte in Pretoria aan.
In Junie 2021 het prokureur René Harris besluit om haar dienste na die Tuinroete uit te brei deur nog 'n tak op Hartenbos te open.
Dienste wat René Harris Prokureurs en Aktevervaardigers bied sluit in heffingsinvorderings, boedels, egskeidings, strafreg asook arbeidsreg.
Die firma het meer as 30 jaar ondervinding in Aktevervaardiging en meer as 15 jaar ondervinding in die hooggeregshof.
René Harris woon op Mosselbaai en het 'n dinamiese span wat saam met haar werk.
Die firma glo in intieme en persoonlike diens. Vriendelike personeel doen onder meer ook tuiskonsultasies.
Bo en behalwe 'n verskeidenheid regsdienste, staan boedelfasiliteerder, Gerhard Hartzenberg gereed om inwoners - oud en jonk met hul boedels by te staan.
VIDEO: René Harris Attorneys & Conveyancers Inc
Testamente en boedels is meestal onbekende terrein. Daarom sal Gerhard kliënte stap-vir-stap deur die proses begelei.
"Ons verstaan dat testamente en boedels dikwels vir sommige mense 'n moeilike administratiewe taak is om te moet afhandel. Ons effektiewe diens en benadering maak die proses egter makliker," sê Gerhard.
Gerhard besoek ook aftreeoorde en ouetehuise om inwoners met meer kennis oor boedels en testamente te bemag.
"Ons weet wat ons doen en doen dit goed," sê René.
Die firma is in die hartjie van Hartenbos geleë. Besoek hulle by 918 Kaap de Goede Hoop, Gebou 37, Kantoor 4.
Kontak René by 084 806 6866, Christelle by 082 372 0772 of Gerhard by 076 565 8329.
Gerhard Hartzenberg en Christelle Hartzenberg
René Harris en Ginene Hartzenberg
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'